Abstract
'n Kurrikulum is ontwikkel om houdings tussen wit en swart kinders positief te verander. Om die effek van die kurrikulum te bepaal word 'n instrument benodig wat verandering (voor- en natoets) in houdings meet. Hierdie artikel beskryf hoe sodanige instrument ontwerp is. Houdingskale wat plaaslik en in die buiteland beskikbaar is om houdings tussen kinders van verskillende rasse- of etniese groepe te meet, is deur 'n literatuurstudie identifiseer. 'n Evaluering van hierdie skale het getoon dat die skale nie onveranderd met kinders in Suid-Afrika gebruik kan word nie. Sommige kon wel as voorbeeld dien van die tipe skale wat in 'n houdingsinstrument opgeneem kan word. 'n Houdingsinstrument is ontwerp wat bestaan uit'n biografiese vraelys, twee semantiese differensiaalskale, 'n meningsvraelys en 'n sosiale afstandskaal. Die instrument is ontwerp om te meet of enige verskuiwing in etniese houding, vooroordeel en gedrags-intensies as gevolg van 'n bepaalde intervensie plaasgevind het. Inhoudsgeldigheid van die instrument berus daarop dat die skale en items ontwerp is om die houdingskontinuum wat ter sprake is, te dek en dat sekere prosedures gevolg is om te verseker dat standerd sewe leerlinge die items verstaan. Die instrument is op 'n steekproef van respondente van verskillende skole in Oos-Kaapland toegepas (n = 150). Resultate het positief met ander geldige veranderlikes gekorreleer wat op konstrukgeldigheid dui. Cronbach se alfa interne konsistensie betroubaarheidskoliffisignt is bereken en die waardes wat verkry is dui op interne konsistensie van die instrument.
Get full access to this article
View all access options for this article.
